Beurtkrag wissel dié naweek van fase 2 tot 5, het Eskom bekend gemaak.
Fase 3 sal Saterdag tot 16:00 geld, maar fase 5 vir die duur van die groot eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap tussen die Stormers en Munster.
Tot Vrydag het Suid-Afrika in die afgelope 208 dae nog net één kalenderdag sonder beurtkrag gehad, naamlik 21 Maart. Sedert 22 Maart is daar nou al op 65 ononderbroke dae beurtkrag.