Eskom gaan einde Mei onder nóg erger druk verkeer weens ’n “onvoorsiene newe-effek” van sy winterkragtariewe, wat op 1 Junie in werking tree.
Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, het Woensdag op Eskom se daaglikse mediakonferensie tydens beurtkrag gesê dit gaan dan ’n “ongelooflike uitdaging” wees om genoeg krag te verskaf – en hy kan dit reeds nie regkry nie.
Hoër wintertariewe word elke jaar ingestel in ’n poging om groot nywerhede te noop om krag spaarsaam te verbruik wanneer die koue huishoudelike kragverbruik laat toeneem.