Die brandstofbedryf moet hom liewer nie uitspreek oor belastingverwante sake nie en dit eerder aan die politici oorlaat, het ’n senior staatsamptenaar Donderdag gesê.
Die “volgehoue dreigemente en kritiek” teen die regering is “misplaas en moet end kry”.
Dit help nie, het Tseliso Maqubela, adjunk-direkteur-generaal belas met petroleumregulering by die departement van minerale bronne en energie, op die Brandstofkleinhandelaarsvereniging (FRA) se jaarkonferensie gesê.