Brian Molefe, ’n voormalige uitvoerende hoof van Eskom, moet amper R10 miljoen van die pensioengeld terugbetaal wat hy onregmatig van die Eskom-pensioen-en-voorsorgfonds (EPPF) ontvang het.
Die uitspraak is Maandag in die hooggeregshof in Pretoria gelewer nadat die verhoor in Maart plaasgevind het.
Die pensioenfonds het regstappe teen Molefe gedoen om hom te dwing om die geld terug te betaal, soos wat in die oorspronklike hofuitspraak in 2018 beslis is.