Die betogings teen Covid-19-inperkings in China is ’n tweesnydende swaard vir Suid-Afrikaanse motoriste.
Aan die een kant het dit die prys van Brent-ruolie – die grondstof vir Suid-Afrikaanse petrol – Maandagoggend met meer as 3% tot laer as $82 per vat laat daal. Dit was teen 09:30 $81,44 per vat.
Dit is die eerste keer sedert Januarie dat olie so goedkoop is, volgens Trading Economics.