Eskom het dalk ’n uitkomkans om te keer dat byna die helfte van sy steenkoolkragstasies afgeskakel moet word weens oortreding van omgewingswette.
Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en omgewingsake, sê sy sal ’n paneel aanstel om Eskom se appèlaansoeke te bereg teen instruksies wat daarop gemik is om lugbesoedeling te beperk. As dié instruksies uitgevoer moet word, sal dit volgens Eskom beteken dat 16 000 megawatt (MW) van sy kragopwekkingskapasiteit afgeskakel moet word.
Die paneel sal uit ses deskundiges bestaan, het die minister se departement in ’n verklaring gesê, sonder om besonderhede te gee oor wanneer hul assessering afgehandel sal wees.