Daar is vordering gemaak met ’n finansieringsmodel vir dieselaankope vir Eskom, het Mpho Makwana, voorsitter van die nutsmaatskappy, Dinsdag in die parlement gesê.
Maar fynere besonderhede oor dié model is nie bekend gemaak nie, blyk dit uit die vergadering wat die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) met Eskom se direksie en topbestuur gehou het.
Calib Cassim, finansiële hoof van Eskom, sê Eskom het vir die lopende boekjaar ’n begroting van R8 miljard gehad vir diesel, gegrond op ’n verwagte gebruiksfaktor van 6% van die dieselkragstasies.