John Steenhuisen, DA-leier, het hom Vrydag tot ’n ope brief gewend in die oor-en-weer-kibbelry tussen hom en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, oor Steenhuisen se onsuksesvolle besoek aan die Kusile-kragstasie in Mpumalanga.
Steenhuisen sê hy het behoorlike reëlings getref en Dinsdag selfs toestemming van André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, gekry om die Kusile-kragstasie naby eMalahleni Woensdag te besoek.
Volgens Steenhuisen het sy personeelhoof self ook Dinsdag die kragstasie besoek en die belanghebbende bestuurder daar het hom verseker dat die beplande besoek vir Woensdag in orde is.