Asof Eskom nie genoeg probleme het nie, gaan hy dalk binnekort sonder ’n uitvoerende hoof én ’n bedryfshoof sit. Eskom se twee topposte raak in Maart en April vanjaar vakant, en daar is nog geen aanduiding van wie die poste gaan vul nie.
André de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, het ná drie jaar in dié uitdagende pos bedank. De Ruyter se laaste dag as Eskom se hoof is op 31 Maart 2023.
Hy het aan Netwerk24 gesê daar is “niks definitief” wat hy ná Eskom gaan doen nie. Hy gaan eers met vakansie en tyd saam met sy gesin deurbring.