Eskom het met die eThekwini-munisipaliteit ooreengekom om Durban, wat gebuk gaan onder vloede wat al miljarde rande se skade veroorsaak het, die verdere ontwrigting van beurtkrag te spaar.
Groot dele van die stad is egter weens skade aan munisipaliteite se kraginfrastruktuur in die donker gelaat.
Fase 2-beurtkrag word sedert Maandagaand oornag landwyd ingestel en is Woensdag deurlopend ingestel tot Vrydag om 05:00.