Die regering stel ’n vaste tantième van 5% voor op die bruto verkope van ’n olie- of gasprojek.
Dit moet die huidige wisselende tantièmekoers vervang wat op grond van winsgewendheid gehef word.
Dit is van die voorstelle van die nasionale tesourie in ’n besprekingsdokument oor hoe die olie- en gasbedryf in Suid-Afrika belas moet word.