Eskom verbrand 2 miljoen liter diesel per dag om die fase van beurtkrag en die tyd daarvan te probeer beperk.
Dis egter nie al wat die nutsmaatskappy doen om Suid-Afrikaners die ergste van beurtkrag te probeer spaar nie.
Rhulani Mathebula, waarnemende hoof van opwekking van Eskom, bevestig aan Netwerk24 dat die nutsmaatskappy besig is om noodgedwonge sy steenkoolkragstasies “in die rooi” te bedryf om soveel as moontlik krag uit hulle te probeer kry.