Die DA sê hy gaan die aanstelling van Eskom se nuwe uitvoerende hoof fyn dophou.
Ghaleb Cachalia, DA-LP, het Maandag in ’n verklaring uitgevaar oor die vertraagde werwingsproses. Die advertensie vir Eskom se nuwe uitvoerende hoof is Sondag gepubliseer, meer as twee maande nadat André de Ruyter sy bedanking ingedien het. Hy bly net aan tot einde Maart.
Cachalia wonder of die advertensie opgestel is met ’n spesifieke individu in gedagte.