Eskom sal weer eens Vrydag van 17:00 tot 22:00 beurtkrag toepas, maar sal nou slegs op fase 1 dit doen.
Waar hy aanvanklik aangedui het dat fase 2-beurtkrag nodig sal wees, het Eskom nou wel daarin geslaag om genoeg opwekkingseenhede te herstel, soos beplan, om 'n laer fase beurtkrag toe te kan pas.
Die nutsmaatskappy sê die kragnetwerk verkeer steeds onder erge druk, al het verskeie opwekkingseenhede sedert Donderdag weer in bedryf getree.