’n Nuwe loonooreenkoms word bes moontlik so gou as Vrydag tussen Eskom en sy werknemers onderteken ná die ontwrigtende staking wat regstreeks verantwoordelik was eers vir beurtkrag op fase 4 en toe teen Dinsdag op fase 6.
Sowel Eskom as die twee grootste vakbonde by Eskom, die National Union of Mineworkers en die metaalwerkersvakbond Numsa, het Dinsdagaand terwyl fase 6 toegepas is, aangekondig daar is goeie vordering met die dispuut gemaak.
Geen besonderhede is egter bekend gemaak nie.