Die aanslag op Eskom se steenkoolkragstasies het verder uitgekring met oorblywende werkers wat nou te bang is om te werk weens aanvalle en intimidasie.
André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het Dinsdag gewaarsku dat sy kragstasies so sukkel dat fase 6-beurtkrag nou ’n “baie groot realiteit” is.
Suid-Afrika moet homself maar voorberei op die eerste toepassing van fase 6-beurtkrag Dinsdagaand sedert Desember 2019.