Eskom voorsien 295 dae van beurtkrag in die 12 maande van 1 April tot einde Maart volgende jaar in die slegste van drie scenario’s, maar tot dusver gaan dit selfs vrotter.
Volgens Eskom se donkerste prentjie sal Suid-Afrikaners net twee uit elke tien dae in dié tydperk volle toegang tot elektrisiteit hê, maar dit lyk of hulle die probleme steeds onderskat.
Vir Mei het Eskom 22 dae van beurtkrag voorspel, maar vandag sal al die 26ste beurtkragdag wees.