Sonder die hulp van die weermag sal die polisie nie daarin kan slaag om die onwettige staking en aanslagte op Eskom se kragstasies te stuit nie.
So meen AfriForum, wat Dinsdag in ’n verklaring gesê het hy het nou dringende hofstukke by die hooggeregshof in Pretoria ingedien om wetstoepassers te verplig om die onwettige staking tot ’n einde te bring.
Volgens AfriForum word niks gedoen om die aanvalle op kragstasies te stuit nie.