Jan Oberholzer, Eskom se bedryfshoof, gaan in April 2023 aftree. Hy word in dié maand 65 jaar oud.
Oberholzer het in ’n onderhoud met News24 bevestig dat hy ná 30 jaar by Eskom, meer as vier jaar daarvan as bedryfshoof, die tuig gaan neerlê.
Eskom het nog nie op navrae gereageer oor wie Oberholzer gaan opvolg en of hy dalk gevra gaan word om op ’n kontrakgrondslag voort te gaan nie.