Eskom se vereistes vir sy nuwe uitvoerende hoof mis ’n kernbelangrike ding: Hy skep nie ’n verwagting dat die kandidaat ’n goeie bestuurder sal wees nie.
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Maandag in ’n verklaring uiteengesit hoekom die opvolger vir André de Ruyter, nog hoof van Eskom tot einde Maart, waarskynlik net so gekniehalter sal wees soos hy.
Hermann sê De Ruyter was ’n uitstekende uitvoerende hoof. Hy het voorheen aan Netwerk24 gesê De Ruyter se volle potensiaal kon nie gerealiseer word nie as gevolg van “politieke inmengery en kunsmatige struikelblokke” wat hom gekeer het om vinniger vrugte af te werp.