Beurtkrag gaan om 13:00 tot fase 4 verhoog word, het Eskom aangekondig.
Fase 4 sal Saterdag van 13:00 tot 22:00 duur en weer Sondag van 08:00 tot 22:00.
Sikonathi Mantshantsha, Eskom se woordvoerder, het laat weet die vraag na krag is hoër as verwag én nóg opwekkingseenhede het uitgeskop.