Stakende werkers van Eskom sal nou ’n nuwe loonaanbod oorweeg, nadat die kragreus en die vakbonde die NUM en Numsa ’n voorlopige ooreenkoms bereik het.
Volgens berigte is ’n 7%-verhoging bespreek tydens onderhandelings wat tot die vroeë oggendure van Saterdag geduur het. Die besonderhede van die voorlopige ooreenkoms is nie bevestig nie.
Die partye vergader weer Dinsdag om vakbondlede se terugvoering te bespreek.