Beurtkrag is tot verdere kennisgewing afgeskaal tot fase 1, het Eskom Saterdagmiddag aangekondig.
Hoewel Eskom aanvanklik gesê het fase 1 duur tot verdere kennisgewing, het die kragreus Saterdagaand bevestig hy gaan voort met sy planne dat verbruikers nie Sondag beurtkrag sal hoef te verduur nie.
Fase 1 duur tot 05:00 Sondag en daar sal daarna tot 16:00 geen beurtkrag wees nie.