Weens ’n enorme tekort aan opwekkingsvermoë moet Eskom noodgedwonge fase 2-beurtkrag vanaf vanmiddag om 17:00 vir die volgende ses dae toepas.
Die nutsmaatskappy sê Dinsdag in ’n verklaring dat nege opwekkingseenhede skielik onklaar geraak het en dat herstelwerk vertraag is aan verskeie ander eenhede wat weer in gebruik geneem sou word.