Eskom het teen Dinsdagaand veranderinge aan sy beurtkragskedule vir die week aangekondig.
Die slegte nuus is dat fase 5 weer Woensdag en Donderdag nodig gaan wees én dat beurtkrag ook oor die naweek heeldag ingestel gaan word.
Dis nadat gehoop is Dinsdag sou die laaste dag op enige fase hoër as fase 4 wees en dat daar oor die naweek ’n blaaskans sou kom.