Die kabinet behoort volle verantwoordelikheid te aanvaar vir die kragkrisis wat vererger deurdat fase 6-beurtkrag teen Dinsdagaand ingestel kan word.
So meen Ghaleb Cachalia, DA-woordvoerder oor openbare ondernemings.
Intussen het Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, daarop gewys dit is ’n onwettige staking wat Eskom en die land gyselaar hou. Hy het inwoners van die Wes-Kaap egter gemaan om kal te bly, hoewel beurtkrag oor die komende dae kan vererger. Die provinsie se rampbestuurspan monitor die situasie voortdurend, het Winde belowe. Hy het wel die Eskom-bestuur, vakbonde en die regering gevra om alles in hul vermoë te doen om die dooiepunt oor loononderhandelings by Eskom op te los.