Die plan om beurtkrag te beëindig, maak grootliks op groenkrag uit die private sektor staat.
Die nasionale energiekrisiskomitee sê self van die ramings sal afhang van die mate waarin private opwekking omarm word. Bodrondes vir groenkrag wat nog nie eens uitgereik is nie, word ook in die ramings ingesluit.