Die pleidooi dat rompslomp in die energiemark verwyder word, is dalk geregverdig, maar eintlik is die elektrisiteitsmark reeds gedereguleer vir grootskaalse privatisering.
“Die damwal is gereed om te breek,” sê Daniel Zinman, hoof van krag-en-infrastruktuuroplossings van Rand Merchant Bank (RMB).
“Daar is nie eintlik meer ’n behoefte aan verdere deregulering nie – die mark is so te sê oop vir sake. Dié bank se korporatiewe kliënte het volstoom weggespring om kragprojekte op dreef te kry.”