Die besluit van Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, om ’n direkteur van die Nasionale Kernreguleerder (NKR) af te dank is deur die hooggeregshof as onwettig, ongrondwetlik en ongeldig beskryf.
Omgewingsgroepe en burgerlike organisasies was verlede week in ekstase oor die uitspraak deur die hooggeregshof in Kaapstad.
Die uitspraak impliseer dat Peter Becker, ’n teen-kernkragaktivis van die Koeberg Alert Alliance (KAA), steeds ’n direkteur van die NKR bly.