Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het hom Donderdag sterk ten gunste van Shell se eksplorasiewerk aan die kus uitgespreek.
Dit kom te midde van omgewingsgroepe se hofsake teen Shell se seismiese opname wat hy in die diepsee langs die Wildekus in die Oos-Kaap wil doen om vas te stel of hy aardgas of olie daar sal vind.
Volgens amptenare van die departement is daar nie wetenskaplike bewyse dat seismiese opnames die seelewe skade kan berokken nie, het hulle op ’n mediakonferensie gesê wat Mantashe gereël het.