Drie kabeldiewe het ingevolge ’n nuwe benadering tot kabeldiefstal as ekonomiese sabotasie altesaam 39 jaar tronkstraf ontvang.
Eskom het aangekondig drie kabeldiewe wat al in 2018 in hegtenis geneem is, is uiteindelik in Julie gevonnis.
Die drie mans is op 28 November 2018 in hegtenis geneem ná ’n spesiale klopjag op ’n skrootmetaalhandelaar se perseel.