Karpowership het amptelik sy lisensies bekom om kragskepe by drie van die land se hawens vas te meer.
Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het Dinsdag aan Netwerk24 bevestig dat die lisensies om krag op te wek by die drie plekke, Saldanha, Coega en Richardsbaai, goedgekeur is.
Maar die koeël is nog nie deur die kerk nie.