Die wet oor die Nasionale Kernreguleerder (NKR) skryf voor wat dié waghondinstelling se rol moet wees.
Dit fokus grootliks op riglyne en regulasies vir die veilige bedryf van kerninstallasies en om mense, eiendom en die omgewing teen enige kernverwante skade te beskerm.
Maar dit lyk asof Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, glo die NKR is eerstens daar om kernkrag te bevorder, blyk uit ’n verklaring van Peter Becker, die aktivis teen kernkrag wat as raadslid van die NKR afgedank is.