Eskom is nie gereed om drie radioaktiewe stoomketels van die Koeberg-kragstasie in Kaapstad te stoor nadat dit vervang is nie en die ou ketels moet dus nou langer diens doen.
Daar is Donderdagaand op die nippertjie besluit dat die vervanging van die stoomketels uitgestel word tot die volgende beplande instandhoudingsafskakeling van eenheid 2 van Koeberg, wat in Augustus 2023 is.
Die eenheid is tans ook vir instandhoudingswerk afgeskakel.