Die helfte van die Koeberg-kernkragsentrale gaan wel Donderdagmiddag afgeskakel word, het Eskom Donderdagoggend bevestig.
Dit is om die kragnetwerk kans te gee om te stabiliseer, sê Sikonathi Mantshantsha, Eskom-woordvoerder.
Eenheid 1 sou Woensdagaand al afgeskakel word vir brandstofhervulling en vir die omvattende projek om sy drie stoomgenerators te vervang. Dit is deel van die projek om Koeberg se bedryfsleeftyd van 2024 af met nog 20 jaar te verleng.