Eskom se plan om die regering en sy rompslomp te omseil in ’n poging om die kragkrisis self te help oplos, het Donderdag amptelik begin.
André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, se plan om 36 000 ha grond om sy Mpumalanga-kragstasies beskikbaar te stel vir onafhanklike kragprodusente om spoedig nuwe opwekkingsvermoë te bou, het geslaag.
Eskom het Donderdag bekend gemaak dat 18 maatskappye net ’n paar maande nadat die inisiatief bekend gestel is, nou ooreengekom om die grond te benut.