Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het ’n prestasieooreenkoms onderteken waarin hy hom daartoe verbind het om die energiebeskikbaarheidsfaktor by Eskom te help verbeter ten einde volgehoue elektrisiteitsverskaffing te verseker.
Dit is deel van sy prestasieooreenkoms as minister, het die energiekommentator Chris Yelland Donderdag op Twitter gesê.
Dit kom nadat Mantashe volgens berigte Woensdag aangevoer het dis onbillik om hom of die regering die skuld te geen vir die huidige kragkrisis.