Suid-Afrika se minister van elektrisiteit het gewaarsku dat die rekordvlakke van beurtkrag nog erger kan word. Hy sê Eskom se prestasieteikens moet hersien word om te bepaal of dit toepaslik is.
“Alle aanduidings is dat dit moeilik gaan wees (om beurtkrag te bekamp) omdat die vraag na elektrisiteit toeneem in die winter en die energiesituasie verder kan versleg,” het dr. Kgosientsho Ramokgopa Vrydag in ’n onderhoud met Bloomberg in hul Johannesburg-kantore gesê.