Eskom moes weens ’n verlies van meer as 22 000 MW in die kragnetwerk Sondagmiddag fase 2-beurtkrag instel.
“Die beurtkrag sal ongelukkig tot Woensdag om 05:00 duur. Beurtkrag word slegs as ’n laaste uitweg geïmplementeer om die nasionale kragnetwerk te beskerm.”
Volgens Eskom is 5 474 MW se kapasiteit onbeskikbaar weens beplande instandhoudingswerk en 17 018 MW weens eenhede wat skielik onklaar geraak het.