Eskom se steenkoolkragstasies is jare lank so hard gedruk dat hulle net nie meer kan bybly nie en die nutsmaatskappy is in ’n penarie.
Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, het Woensdag op ’n mediakonferensie oor beurtkrag gesê die behoefte aan nuwe opwekkingskapasiteit is nou bitter dringend.
Eskom se steenkoolkragstasies is nie net oud nie, maar is vir jare te hard bedryf. Hulle kort nou dringend diepgaande herstelwerk wat lang afskakelings sal verg, maar Eskom het nie genoeg rugsteun-opwekkingsvermoë om dit te kan bekostig om die kragstasies vir so lank af te skakel nie.