Ná 14 jaar in aanbou is die Kusile-megasteenkoolkragstasie nog nie klaar nie en dit kos al dubbeld wat dit moes.
Oor die korrupsie en ontwerpfoute wat hiertoe bygedra het, is al baie gesê. Maar nou is die doelstelling om meer omgewingsvriendelik te wees die grootste probleem.
Kusile se konstruksie is in 2008 begin, ’n jaar nadat met die konstruksiewerk aan Medupi begin is.