Die nuwe minister van elektrisiteit onderspeel die omvang van korrupsie by Eskom, sê die DA.
Ghaleb Cachalia, DA-LP, het dr. Kgosientsho Ramokgopa gekap oor sy opmerking by kragstasies die afgelope week dat tegniese probleme en steenkool van swak gehalte die grootste probleem by die meeste kragstasies is, eerder as korrupsie.
“Sy opmerkings is nie net roekeloos nie, dit onthul sy werklike agenda – om ANC-korrupsie te suiwer en die misdadige netwerke wat in Eskom werksaam is, vry te stel van enige verantwoordelikheid.”