Die Wetsontwerp op Skuldverligting aan Eskom is Donderdag met ’n meerderheid van 198 stemme teenoor 25 in die Nasionale Vergadering in die parlement goedgekeur.
Die partye wat ten gunste van die wetgewing gestem het, is die ANC met 186 stemme, die IVP met 9, en Good, NFP en PAC elk met 1 stem.
Die DA (14), EFF (2), VF Plus (6) en ACDP (3) het teen die wetgewing gestem.