Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het voortgegaan met sy besluit om kragtariewe gemiddeld met 18,65% te verhoog.
Pres. Cyril Ramaphosa in Januarie op die Vrystaatse ANC se provinsiale konferensie buite Bloemfontein gesê hy het Eskom se bestuur versoek om nie dié prysverhoging toe te pas nie.
Hy het egter sowat ’n week later in sy weeklikse nuusbrief teruggekrabbel en gesê Nersa se besluit moet gerespekteer word.