Nersa-sitting: ‘Niemand kan duurder krag bekostig’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Arm huishoudings kan nie elektrisiteit bekostig teen Eskom se stygende pryse nie, en daarom gebruik hulle toenemend vloeibare petroleumgas. Maar gaspryse het ook skerp gestyg namate olie- en brandstofpryse in reaksie op Rusland se inval in Oekraïne opgeskiet het, het verteenwoordigers van arm gemeenskappe op Nersa se openbare sitting oor Eskom se tariefaansoek vir 2023 gesê.  Foto: RAPPORT
Arm huishoudings kan nie elektrisiteit bekostig teen Eskom se stygende pryse nie, en daarom gebruik hulle toenemend vloeibare petroleumgas. Maar gaspryse het ook skerp gestyg namate olie- en brandstofpryse in reaksie op Rusland se inval in Oekraïne opgeskiet het, het verteenwoordigers van arm gemeenskappe op Nersa se openbare sitting oor Eskom se tariefaansoek vir 2023 gesê. Foto: RAPPORT

Verteenwoordigers van gemeenskappe en omgewingsorganisasies het vandeesweek op ’n aanlyn sitting van die nasionale energiereguleerder (Nersa) hul frustrasies oor die kragkoste en beurtkrag uitgespreek.

Desmond D’Sa, koördineerder van Suid-Durban se Gemeenskapsomgewingsalliansie, het op die sitting oor Eskom se tariefaansoek vir die volgende twee jaar gesê ondanks dié kragverskaffer se lenings by die Wêreldbank en die Afrika-ontwikkelingsbank sit Eskom steeds met beurtkrag en swak instandhouding.

David Hallowes, ’n navorser vir die omgewingsgroep Groundwork, het gewys op die onbekostigbaarheid van Eskom se voorgestelde verhoging van 32%, want munisipaliteite sal die verhoging aan die inwoners moet deurgee. Arm huishoudings wat 400 kWh per maand koop, moet reeds in die eThekwini-metro baie meer as R1 000 betaal. As dit met die huidige Sassa-toelae van R1 890 of die kindertoelae van R480 vergelyk word, beteken dit mense gaan bloot nie die nuwe kragpryse kan bekostig nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
Garden Route Badgers 158/9
Eastern Cape 158/6
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos