Suid-Afrikaners kan uitsien na ’n bykomende 13 uur sonder beurtkrag en nog ’n volledige dag met die ligte aan.
Beurtkrag sou Dinsdag om 16:00 hervat word, maar Eskom het Dinsdag in ’n verklaring gesê dit is nou uitgestel vanweë ’n “geringe verbetering in opwekkingsvermoë en die laer as verwagte aanvraag”.
Beurtkrag hervat nou Woensdag om 05:00. Fase 2 sal Woensdag van 05:00 geld en daarna fase 3 vanaf 16:00.