Daar sal geen blaaskans wees van beurtkrag oor die naweek nie.
Eskom het Vrydagmiddag aangekondig fase 2-beurtkrag sal sowel Saterdag as Sondag tussen 16:00 en 00:00 toegepas word.
Die nutsmaatskappy sê ’n reeks vertragings om opwekkingseenhede te herstel het gelei tot slegter as verwagte vooruitsigte vir die naweek, wat beteken ondanks die beduidende laer kragvraag op Saterdae en Sondae sal hy steeds noodgedwonge beurtkrag moet toepas.