Waar Eskom in April volgens die slegste scenario soveel as 101 dae se beurtkrag tydens die winter verwag het, is dit nou opgeskuif na 104 dae.
Dit is in gevalle waar nóg 3 000 MW se kragopwekking onbeskikbaar raak bo en behalwe die verwagte 12 000 MW.
In so ’n scenario word beurtkrag in fase 3 of meer verwag, en sal minstens R7,1 miljard aan diesel bestee moet word, volgens syfers van Segomoco Scheepers, besturende direkteur van Eskom se transmissie-afdeling.