Die onderverhaling op die petrolprys het Dinsdag deur R2 per liter gebreek.
Hoewel die oorsigmaand vir Junie se brandstofpryse nog tien dae lank duur, is daar nou die vooruitsig dat die petrolprys met meer as R3,50 per liter gaan styg en diesel met meer as R3 per liter.
So ’n styging in die dieselprys sal boere swaar tref, maar ook verbruikers omdat dit die koste van alle produkte sal beïnvloed, gegewe dat die meeste verbruikersgoedere per pad vervoer word.