Nóg ’n brandstofprysskok lê waarskynlik in Julie voor vir Suid-Afrikaners wat sedert 1 Junie plek-plek meer as R24 per liter petrol betaal.
Net die eerste week in ’n oorsigmaand van vyf weke vir Julie se brandstofpryse is verby en daar is reeds ’n enorme onderverhaling op petrol.
Die onderverhaling is met hoeveel pryse vandag sou moes styg indien dit weekliks vasgestel is; dinge kan dus nog tot die einde van die oorsigmaand op Donderdag 30 Junie aansienlik verbeter – of verswak.